# Minstens 15-miljoen-rand is in Februarie 2020 op president Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala in Limpopo gesteel en nie die byna tien-miljoen-rand wat verklaar is nie. Dit is volgens News24, wat Imanuwela David se finansiële inligting bekom het. Hy word saam met twee ander beskuldig dat hulle die kontant, wat in dollars was, gesteel het. Volgens Ramaphosa se voorlegging aan die onafhanklike Artikel 89-paneel is sowat 9,5-miljoen-rand gesteel. News24 berig die polisie kon David net in 2020 en 2021 verbind met kontantdeposito’s of regstreekse kontanttransaksies van byna 15-miljoen-rand.
Verslag toon minstens R15-miljoen is op Ramaphosa se plaas gesteel, nie R9,5-miljoen nie