# Suid-Afrika het die afgelope dekade vordering gemaak wat swart ekonomiese bemagtiging betref, maar hervorming is stadiger sedert die Covid-19-pandemie. Dis volgens die Kommissie vir Ekonomiese Bemagtiging se jongste verslag wat gebruik maak van bemagtigings-telkaarte en nakomingsverslae van instellings in die openbare en privaat sektor. Die eiendomsektor doen die swakste met nie-nakoming van 67-persent, gevolg deur finansiële dienste en landbou. Hierdie sektore haal nie minimum eienaarskap vir swartmense en swart vroue nie. Sektore soos die boubedryf en vervoer vaar die beste.
Verslag toon belangrike sektore van Suid-Afrikaanse ekonomie voldoen nie aan vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging nie