Skip to content

Verskeie dood en ander gered na vulkaniese uitbarsting in Indonesië

# Drie mense is dood in ‘n vulkaanuitbarsting met ‘n reddingsoperasie wat begin is om minstens 12 stappers wat Vrydag naby die krater van Indonesië se Mount Dukono vasgekeer was, na veiligheid te bring. Singapoerse burgers en ‘n Indonesiër is onder die wat dood is toe die vulkaan op die eiland Halmahera uitgebars het. Volgens reddingsbeamptes was nege buitelanders en 11 plaaslike stappers besig om Mount Dukono uit te klim ten tye van die uitbarsting. Sewentien klimmers is veilig ontruim, terwyl die liggame van die drie slagoffers nogbop die berg is. Soektogte word vandag hervat.