Skip to content

Verkiesingskommissie begin ‘n openbare debat oor ‘n elektroniese stemproses in SA [KLANK]

# Die Verkiesingskommissie is gereed vir ‘n openbare bespreking oor die moontlikheid van ‘n elektroniese kiesproses in Suid-Afrika. ‘n Driedaagse konferensie sal van Maandag tot Woensdag in Kaapstad gehou word om die debat te begin. Die konferensie sal die moontlikheid van e-stemmery ondersoek, insluitend lesse wat ander lande geleer het. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê dit sal verkiesings verbeter, kiesers se toegang tot die kiesproses vergemaklik en hulle die geleentheid gee om die toekoms van digitale stemmery te ontwikkel:

ENG MamaboloOnElectronicVoting