Skip to content

Verkiesingskommissie verwerp EFF-eise oor manipulering van stemme by stemlokaal in Polokwane

# Die Verkiesingskommissie het kommer uitgespreek oor onakkurate stellings oor die integriteit van die 2024 nasionale en provinsiale verkiesings. Dit volg na opmerkings deur EFF-leier Julius Malema, wat op ‘n aanlyn uitsending beweer het stemme by die Mponegele Laerskool in Polokwane, Limpopo, is van die EFF na die ANC geskuif. Die kommissie sê die bewering is verkeerd en daar is geen bewyse dat stemme gemanipuleer nie. Hy sê amptelike uitslagstrokies stem ooreen met die syfers wat op sy uitslagstelsel vasgelê is.