# ‘n Beskermde gevangene van die Goodwood-gevangenis sou na verwagting vandag in die hoëprofiel-verhoor van die vermeende onderwêreldfiguur, Nafiz Modack in die Hooggeregshof in die Wes-Kaap getuig. Die getuie het na bewering aan die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat gesê die speurder van die anti-bende-eenheid, Charl Kinnear is in 2020 vermoor deur ‘n vermoedelike huurmoordenaar wat met die 28’s-bende verbind word. Modack en 14 medebeskuldigdes staan tereg op meer as 120 aanklagte, insluitend moord, afpersing, bedrog en geldwassery. OPOD het bevestig ondersoeke na moontlike polisiebetrokkenheid by Kinnear se moord voortduur.
Verhoor van Nafiz Modack hoor bewerings van onderwêreldbande met die sluipmoord op Charl Kinnear