Skip to content

Vergelegen se tuine verwelkom ’n roosvariëteit wat deur ’n natuurlike mutasie ontstaan het

# ’n Nuwe soort roos is by Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes ontdek nadat ’n bestaande roosplant natuurlik van kleur verander het. Die nuwe roos, genaamd Vergelegen, het groot bottergeel blomme met ‘n ligte geur. Dit het uit ‘n McHardy-roosbos in die landgoed se tuin gegroei. Die nuwe roos gaan intussen by Ludwig’s Roses-kwekery in Pretoria gekweek word. Vergelegen sê die nuwe plante sal een tot twee seisoene neem om volwasse te word.