Skip to content

Vereniging versoek Nersa om markreëls sonder versuim af te handel

# Die Suid-Afrikaanse Elektrisiteitshandelaarsvereniging sê dit is noodsaaklik om die elektrisiteitsmarkreëls tydig af te handel om privaat beleggings te lok en mededinging te bevorder. Die vereniging sê die konsepkode vir die elektrisiteitsmark het wye steun ontvang, maar belangrike kwessies moet nog uitgestryk word voor die nuwe groothandel-elektrisiteitsmark in werking kan tree. James Beatty van die vereniging waarsku die energiereguleerder, Nersa, dat enige verdere vertragings hernubare energiebeleggings kan vertraag en langtermyn-energiesekerheid kan beïnvloed.