# Die African Farmers’ Association of South Africa is bekommerd oor die regering se ondersteuning vir swart boere wat deur die grondhervormingsproses bevoordeel is. Die voorsitter van Afasa se grondhervormingskomitee, Piet Mothepu, sê sekere boere het nog nie titelaktes ontvang nie, wat hulle verhinder om hul grond as sekerheid vir banklenings te gebruik. Van die begunstigdes het ook te kampe met uitsetting en die moontlike hertoewysing van hul plase. Mothepu sê die regering moet groter ondersteuning bied om te verseker boere kan hul bedrywighede suksesvol bestuur en hul voortbestaan beskerm.
Vereniging rig waarskuwing oor steun vir swart boere