Skip to content

Verenigde Koninkryk se 2025-somer is die warmste op rekord

# Die Verenigde Koninkryk het volgens die Weerkantoor vanjaar sy warmste somer ooit beleef en moes deur vier hittegolwe worstel. Brittanje het in Junie, Julie en Augustus ʼn gemiddelde temperatuur van 16,1-grade Celsius beleef wat meer is as 2018 se rekord van 15,76-grade Celsius. Mark McCarthy van die Weerkantoor sê hierdie rekord-somertemperature kan 70-keer meer waarskynlik toegeskryf word aan mensgemaakte klimaatsverandering. Hy sê die Verenigde Koninkryk kan in die nabye toekoms nog warmer somers verwag.