# ‘n Drie-en-dertigjarige man wat deur die Valke in hegtenis geneem is in verband met die moord op staatsaanklaer Tracy Brown, sal na verwagting vandag in die hof verskyn op aanklagte van moord. Die 42-jarige Brown is op 31 Julie buite haar huis in Gqeberha doodgeskiet. Die verdagte, wat na Gauteng gevlug het, is verlede week Donderdag by ‘n padblokkade in hegtenis geneem. Die Valke se provinsiale hoof, Obed Ngwenya, sê die inhegtenisneming dui op vordering, maar die ondersoek duur voort.
Verdagte in hegtenis geneem vir moord op Gqeberha-aanklaer Tracy Brown verskyn in die hof