# ‘n 28-jarige man sal na verwagting vandag in die Bellville-landdroshof verskyn nadat hy met 150 lewende, giftige skerpioene versteek in sy bagasie, by Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is. Die polisie sê die verdagte is onderskep na intelligensie-geleide operasies deur die Kuilsrivier Veediefstal- en Bedreigde Spesies-eenheid, in samewerking met CapeNature. Die skerpioene, wat tussen klere versteek was, is ontdek en later by ‘n aanhoudingsfasiliteit beveilig. Die man staan tereg op aanklagte kragtens omgewingsbewaringswette wat verband hou met die besit van beskermde wildspesies.
Verdagte in die hof in verband met 150 lewendige skerpioene by Kaapstad-lughawe