# Die Gautengse polisie het bevestig ‘n verdagte is aangekeer in verband met die moord op die 38-jarige drawwer, Elizabeth “Tsontso” Moselakgomo. Sy het op 12 September verdwyn nadat sy haar huis in Rhodesfield, Kemptonpark, verlaat het. Haar dood het landwye kommer veroorsaak en opnuut die kollig op vroue se veiligheid geplaas. Nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê beamptes het die verdagte aangetref met ‘n persoonlike besitting wat na bewering aan Moselakgomo behoort het. Sy sê ‘n aanklag van moord is nog nie teen die verdagte aanhangig gemaak nie.
Verdagte aangekeer nadat vermoorde drawwer se besittings by hom gevind is