# FNB en die Universiteit Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Navorsing sê verbruikersvertroue het in die eerste kwartaal van hierdie jaar dramaties gedaal. Die voorgestelde BTW-verhoging en die gebrek aan aanpassings in belastingkerwe vir individue sowel as die verswakte diplomatieke verhoudings tussen Suid-Afrika en die VSA het ‘n negatiewe invloed op sentiment gehad. Die 14-punte daling in die indeks is op dieselfde vlak as toe Suid-Afrika vir die eerste keer in die eerste kwartaal van 2023 na fase 6 beurtkrag oorgeskakel het. Die eerste kwartaal se uitsig van minus-20 is ook die laagste sedert die eerste helfte van 2023.
Verbruikersvertroue-indeks daal dramaties gedurende die eerste kwartaal van 2025