# Statistiek Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersinflasiekoers het in April tot 2,8-persent gestyg, vanaf 2,7-persent in Maart. Die styging was hoofsaaklik te wyte aan ‘n skerp toename in die prys van voedsel en nie-alkoholiese drank, wat met vier-persent jaar-op-jaar gestyg het. Vleispryse het die grootste verhogings gesien, met ‘n styging van 2,3-persent in ‘n enkele maand, met bees stowevleis, maalvleis en biefstuk wat die styging gelei het. Patrick Kelly van Statistiek SA sê koffiepryse het ook skerp gestyg: