Skip to content

Van yskoue tee tot cappuccino’s, jong Suid-Afrikaners vind nuwe maniere om rooibos te geniet 

# Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê byna nege uit elke tien jong Suid-Afrikaners drink gereeld Rooibos, wat hierdie tradisionele drankie gewild hou. ’n Opname onder meer as 400 Mellennials- en Generasie Z-verbruikers toon dat 59-persent vaan hulle ditdaagliks drink, terwyl 84-persent dit verkieslik warm geniet. Jonger verbruikers eksperimenteer egter ook met yskoue Rooibos, cappuccino’s, en selfs in kos en skemerkelkies. Adele du Toit van die Raad sê Rooibos bly ’n bekende gunsteling, terwyl dit terselfdertyd aanpas by veranderende smake en leefstyle.