Skip to content

Valke-ondersoekbeampte oorleef sluipmoordaanval wat na bewering deur Weermag beplan is

# Die Randburgse Landdroshof het gehoor die Valke-speurder wat die ondersoek lei na die moord op ‘n kollega, Frans Mathipa, was in Desember self die teiken van ‘n sluipmoordpoging. Dertien Weermaglede word daarvan aangekla dat hulle die sluipmoord en die ontvoering van twee Ethiopiese burgers met bande met Isis beplan het. Mathipa is in Augustus 2023 doodgeskiet op die N1 naby Hammanskraal. Die beskuldigdes se identiteite mag nie bekend gemaak word nie, hangende ‘n uitkenningsparade, en die name van die ondersoekbeampte en die aanklaer mag nie gepubliseer word nie.