Skip to content

Valke-offisier beweer sleutels van dwelmbewysekamer was by Senona [KLANK]

# Die geskorste KwaZulu-Natalse Valke-brigadier, Campbell Nyuswa, het voor die Madlanga-kommissie getuig die provinsiale hoof van die Valke, Leseja Senona, het albei stelle sleutels van ‘n kluis met gekonfiskeerde dwelmbewyse gehad. Die bewyse sluit 541 kilogram kokaïen in, met ‘n geraamde waarde van sowat 200-miljoen-rand waarop beslag gelê is tydens ‘n klopjag in Port Shepstone in 2021. Die dwelms is later uit die Valke se kantore gesteel, in wat na bewering ‘n interne diefstal was. Hy beklemtoon die bewyseketting is ondermyn:

ENG-NyuswaOnKeys