# ‘n Ondersoekbeampte van die Valke het voor die Madlanga-kommissie getuig ‘n Johannesburgse metropolisiebeampte het hom 250-duisend-rand se omkoopgeld aangebied om ‘n diefstalsaak te laat verdwyn. Adjudant-offisier Phuti Mashala sê dit hou verband met die beweerde diefstal van 1,5-miljoen-rand van die sakeman Nawazish Raja in Augustus 2023. Hy sê die omkoopgeld is eers aangebied by ‘n vulstasie en later weer in die Brixton-blitspatrollie se kantore in Johannesburg. Mashala sê die Valke het die beweerde diefstal ondersoek:
Valke-amptenaar getuig oor beweerde omkoopgeld van R250-duisend [KLANK]
ENG-MashalaOnBribe