Skip to content

UV hervat akademiese aktiwiteite na ontwrigtings

Die Universiteit van die Vrystaat sê akademiese aktiwiteite sal vandag hervat na onlangse ontwrigtings. Die universiteit se uitvoerende komitee en studenteliggame het ooreengekom oor hoe die nuwe stelsel toegepas sal word. Die akademiese kalender is aangepas om die voltooiing van die 2025 akademiese jaar te verseker. Die QwaQwa-kampus, wat gesluit is na protesoptogte oor die uitfasering van voorlopige registrasie, sal ook Woensdag heropen met klasse wat Donderdag hervat.