# Die Universiteit van Pretoria se visekanselier en rektor, professor Francis Petersen, sê Suid-Afrika se konstante hoë werkloosheidsyfer is ʼn uitdaging wat in alle sektore dringend moet aandag kry. Die land het in 2024 die hoogste werkloosheidsyfer van 32-persent uit al die G20-lande gehad. In die vierde kwartaal verlede jaar was gegradueerdes se werkloosheidskoers laer op 8,7-persent. Petersen sê universiteite moet die gaping tussen gegradueerdes se vaardighede en dit wat werkgewers nodig het, verklein.
UP-rektor sê ’n nasionale poging is nodig om die werkloosheidsyfer te verlaag