# ‘n Professor aan die Universiteit van Pretoria, Zodwa Dlamini, is aangestel op die bestuurskomitee van die eerste Exposome Moonshot-forum. Dit word volgende maand in Washington aangebied en fokus op die ontluikende veld van eksposomika, wat die gesamentlike uitwerking van omgewingsblootstelling op mense se gesondheid bestudeer. Dlamini is die stigtingsdirekteur van die universiteit se Pan-Afrika-kankernavorsingsinstituut. Sy sê navorsers probeer om ‘n beter begrip te kry van siekte-ontwikkeling en uiteindelik individueel-aangepaste medisyne en openbare gesondheids-uitkomste te verbeter.
UP-professor Zodwa Dlamini aangestel op komitee van Exposome Moonshot-forum