Skip to content

Untu dreig om te staak nadat Transnet-loononderhandelings in duie stort

# Transnet se grootste vakbond, die United National Transport Union, dreig om te staak nadat loononderhandelinge by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie Maandag misluk het. Untu verwerp Transnet se onveranderde aanbod van ʼn ses-persent-verhoging in die eerste twee jaar wat op 1 April begin, en 5,5-persent in die derde jaar. Die vakbond eis ʼn verhoging van tien-persent. Untu sê Transnet neem nie die ware en drukkende ekonomiese probleme van sy lede in ag nie.