Skip to content

Universiteite SA vra R2-miljard om instellings te help wat deur opskorting van Amerikaanse fondse geraak is

# Universiteite Suid-Afrika het die Nasionale Tesourie vir twee miljard rand gevra om die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van die Witwatersrand, die Universiteit van KwaZulu-Natal en die Universiteit Stellenbosch te help. Die VSA het sy navorsingstoelaes aan die instellings opgeskort. Wits alleen het 18 projekte van 230-miljoen-rand wat onder die President se Noodplan vir Vigsverligting val, terwyl fondse van Amerika se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling ook beëindig is. Universiteite Suid-Afrika, ‘n sambreelliggaam wat 26 openbare universiteite verteenwoordig, sê dit is belangrik om meer selfonderhoudend te word.