Skip to content

Universiteit van Pretoria-student se navorsing wil parapleë se beweeglikheid herstel

# ʼn Gegradueerde van die Universiteit van Pretoria, Dian Meintjes, hoop sy navorsing sal bydra om bekostigbare, veilige en doeltreffende funksionele elektriese stimulasiestelsels te ontwikkel wat paraplegiese pasiënte se beweeglikheid gedeeltelik kan herstel. Die 22-jarige Meintjies het vir sy finalejaar-navorsingsprojek daarop gefokus om mense met beweeglikheidsprobleme in laer ledemate, en veral parapleë, se lewensgehalte te verbeter. Hy het ʼn funksionele elektriese stimulasiestelsel ontwikkel. Hy sê hy hoop die navorsing sal die grondslag vorm vir gevorderde rehabilitasie-toestelle met onmiddellike terugvoer oor verpersoonlike terapie.