# Die Universiteit van Limpopo het ‘n omvattende werwingsveldtog in die eerste drie maande van die jaar van stapel gestuur om leerders van diverse etniese agtergronde van Limpopo en Mpumalanga te lok. Die veldtog is gemik om die gaping tussen strewe en geleenthede te oorbrug deur die verskaffing van noodsaaklike inligting oor hoër onderwys geleenthede lank voor die aansoekspertye. Die universiteit sê die inisiatief is bedoel om leerders vroeg reeds in te lig en met kennis toe te rus sodat hulle gereed is vir hulle hoër onderwysloopbane.
Universiteit van Limpopo stuur massiewe werwingsveldotg van stapel