Skip to content

Universiteit van Kaapstad sluit aan by stryd oor stille krisis van stilgeboortes in Afrika

# Die Universiteit van Kaapstad het by voorste gesondheidsvennote op die vasteland en wêreldwyd aangesluit in die stryd teen stilgeboortes. Byna ʼn miljoen babas op die vasteland word elke jaar doodgebore, terwyl die oorsaak gewoonlik voorkombaar was. ʼn Nuwe verslag met die titel, Improving Stillbirth Data Recording, Collection and Reporting in Africa, beklemtoon die dringende behoefte aan beter stelsels om elke stilgeboorte aan te teken. Professor Salome Maswime van die universiteit sê sterftes onder moeders word in beleide aangespreek, maar stilgeboortes bly op die grense van nasionale teikens en globale aanspreeklikheidsraamwerke.