# Universal Studios beplan om sy eerste temapark in Europa in Bedfordshire, Engeland, op te rig. Die park sal in 2031 sy hekke oopgooi as die grootste toeriste-aantreklikheid in Brittanje, en sal na verwagting in sy eerste jaar 8,5-miljoen besoekers lok. Universal het reeds temaparke in Orlando en Los Angeles in Amerika, asook in Japan, Singapoer en China. Brittanje se minister van Finansies, Rachel Reeves, sê ‘n voorstel sal aan die regering voorgelê word en bouwerk sal na verwagting volgende jaar begin:
Universal se eerste temapark in Europa gaan in die Verenigde Koninkryk gebou word [KLANK]
ENG ReevesOnThemePark