Skip to content

UNAIDS waarsku besnoeiings aan MIV-befondsing hou gevaar van ‘n wêreldwye oplewing in

# Die wêreld kan ‘n herlewing van die MIV-epidemie beleef nadat befondsing vir MIV-programme verlede jaar met 18-persent afgeneem het, die laagste vlak in byna twee dekades. Dit is volgens ‘n verslag deur die Verenigde Nasies se VIGS-program wat vrygestel is tydens die opening van die internasionale VIGS-konferensie in Rio de Janeiro, Brasilië. Die organisasie sê internasionale befondsing vir MIV-programme het in 2025 tot 121,97-miljard-rand gedaal teenoor 147,03-miljard-rand die vorige jaar, en waarsku die afname kan pogings belemmer om VIGS teen 2030 as ‘n bedreiging vir openbare gesondheid te beëindig.