Skip to content

Uitvoerende hoof van Padongelukkefonds vrees vir lewe en versoek hof om skorsing tersyde te stel

# Die uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, het die Hooggeregshof in Pretoria genader in ‘n dringende poging om sy skorsing ter syde te stel. Hy sê sy eie lewe en dié van sy gesin is moontlik in moontlik in gevaar indien sy sekerheid wegval. News24 berig Letsoalo voer aan hy het dreigemente ontvang tydens sy ampstermyn en hy vrees ernstige gevolge. Hy is geskors nadat hy na bewering geweier het om ‘n vergadering van die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge by te woon, maar hy ontken die bewering. Die saak word volgende week aangehoor.