Skip to content

Uitspraak in Ramaphosa se aansoek om die ampsklagondersoek te stop word Vrydag verwag

# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal Vrydag uitspraak lewer in president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die Ampsklagkomitee te stop. Hy soek ‘n interdik om die komitee se verrigtinge te stop, hangende ‘n hersiening van die Artikel 89 onafhanklike paneelverslag. Ramaphosa se regspan het verlede week in die hof aangevoer dit sal ‘n vernedering wees om ‘n sittende staatshoof aan ‘n ampsklagondersoek te onderwerp op grond van ‘n gebrekkige verslag. Advokaat Dali Mpofu, wat die MK-party verteenwoordig, het aangevoer Ramaphosa het versuim om ‘n saak vir onherstelbare skade te stel.