# Die UDM sê president Cyril Ramaphosa se viering van Suid-Afrika se verwydering van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys ignoreer die werklikheid. Die adjunkpresident van die UDM, Nqabayomzi Kwankwa, sê terwyl die president tegniese voldoening en beleggersvertroue prys, staar miljoene Suid-Afrikaners honger, werkloosheid en vrees in die gesig. Hy sê tegniese mylpale moet deur sigbare verandering in mense se lewens geëwenaar word:
UDM veroordeel Ramaphosa se geveinsde viering van SA se verwydering van gryslys [KLANK]
ENG KwankwaonRamaphosa