Skip to content

UDM is bekommerd oor korrupsie-ondersoek van R1,6-miljard in Kaapstad [KLANK]

Die UDM in Kaapstad is bekommerd oor die grootskaalse polisie-klopjagte wat uitgevoer word en verband hou met beweerde bedrog en korrupsie van 1,6-miljard-rand in munisipale kontrakte. Bongani Maqungwana van die UDM sê 26 eiendomme, insluitend amptenare se huise, is deursoek en toestelle is deur polisiebeamptes gekonfiskeer. Hy waarsku dat dié herhalende tendens en verbintenis met misdaadsindikate openbare vertroue ondermyn en vra vir die skorsing van die amptenare wat betrek word om vinnige regspleging te verseker:

ENG-MaqungwanaOnCorruption