# Minstens 20 mense is dood en verskeie beseer in ‘n kragtige aardbewing van 7,7 in die ooste van Indonesië. Die aardbewing het talle naskokke en klein tsoenami-golwe veroorsaak. ‘n Tydelike tsoenamiwaarskuwing is later opgehef. Reddingswerkers het 20 liggame in Maumere op Flores-eiland gevind, terwyl twee mense steeds onder puin vasgekeer is . Ongeveer twee-duisend inwoners van Nagekeo, naby die middelpunt, is ontruim waar grondstortings en beskadigde kommunikasienetwerke reddingspogings belemmer het. Huise, pakhuise en regeringsgeboue is beskadig en kragonderbrekings en verkeersontwrigtings is aangemeld. Reddingsoperasies duur voort.
Twintig dood ná aardbewing van 7,7 in Indonesië