Skip to content

Twee verskyn in die hof oor bedrog van meer as R6-miljoen by Capitec

# Twee beskuldigdes het in die Alexandra-landdroshof in Gauteng verskyn op aanklagte van bedrog by Capitec Bank. Die bank het tussen November 2023 en Januarie verlede jaar ‘n onverklaarbare stelsel‑fout ervaar, waartydens ’n kliënt – een van die beskuldigdes – dit na bewering opgemerk en meer as ses-miljoen rand in sy sake-rekening en kredietkaart inbetaal het. Thatohatsi Mavimbela van die Valke sê die beskuldigdes het die geld na bewering na verskeie ander bankrekeninge oorgeplaas en twee voertuie aangekoop, wat gelei het tot ’n daadwerklike verlies van meer as vier-miljoen rand.