Skip to content

Twee mans in hegtenis geneem oor vermeende Facebook Marketplace-bedrog van 29-duisend-rand [KLANK]

# Die Kaapstadse polisie het twee mans vasgetrek in verband met ʼn vermeende bedrogspul waar ʼn kamera op Facebook Marketplace geadverteer is. Die voorval het volgens berigte by die Riverlands-winkelsentrum in Observatory plaasgevind. Die klaer het gereël om die kamera aan voornemende kopers te oorhandig nadat hy ‘n bewys vir ‘n onmiddellike bankbetaling van 29-duisend-rand ontvang het. Polisiewoordvoerder André Traut sê die geld het egter nie in die verkoper se bankrekening gewys nie:

ENG TrautOnScam