# Die vervaardiger van ChatGPT, Open-A-I, het vertroulik aansoek gedoen vir ‘n aanvanklike openbare aanbod in Amerika, en sluit dus by sy mededinger Anthropic aan in ‘n skuif na die aandelemark, terwyl beleggers toenemend belangstelling in die kunsmatige intelligensiebedryf toon. Open-A-I het nie besonderhede oor die omvang of voorwaardes van die aanbod verskaf nie en sê ‘n tydlyn is nog nie vasgestel nie. Reuters berig die KI-reus mik na ‘n waardasie van tot 16,5-duisend-miljard-rand in ‘n aandelemark-buiging wat reeds in September kan plaasvind. Anthropic het verlede week sy aansoek aangekondig.
Twee groot KI-ondernemings in Amerika is op pad na die aandelemark