# Twee mense is dood en twee word vermis nadat groot oorstromings in Nieu-Suid-Wallis, Australië, daartoe gelei het dat meer as 50-duisend mense gewaarsku is hulle sal dalk moet ontruim. Volgens die BBC is die rekordreënval veroorsaak deur ‘n stadig-bewegende laagdruk-gebied en dit is nou tot ‘n natuurramp verklaar. Meer as 100 skole is gesluit weens die oorstromings, wat duisende huise en sakeondernemings sonder krag gelaat het. Noodpersoneel het binne 24-uur meer as 300 reddingspogings onderneem, en meer as 500 sedert die oorstromings begin het.
Twee dood, twee vermis tydens rekordvloede in Australië