# Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die moord op voormalige wêreldbokskampioen Zolani “Last Born” Tete in Mdantsane. Die Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, Brigadier Nobuntu Gantana, sê die verdagtes, onderskeidelik 30 en 22 jaar oud, is gister in KuGompo-stad gearresteer. Hulle word ondervra oor Tete se moord en die poging tot moord op sy vroue-passasier. Sy het bevestig dat ondersoekbeamptes verskeie leidrade opvolg, met meer arrestasies wat verwag word:
Twee aangekeer vir moord op voormalige wêreldbokskampioen [KLANK]
ENG-GantanaOnArrests