# Die Randburgse Landdroshof in Gauteng het borgtog van tien-duisend-rand elk toegestaan aan twaalf lede van die Weermag se Spesiale Magte wat teregstaan vir die moord op ‘n ondersoeker van die Valke, Frans Mathipa. Die hoof-ondersoeker in misdade teen die staat is in Augustus 2023 op die N1 naby die Hammanskraal-tolplaza vermoor terwyl hy ‘n ontvoering ondersoek het. Die saak is tot Donderdag uitgestel terwyl die ondersoek voortduur. Phindi Mjonondwane van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die borgtog-beslissing is teleurstellend:
Twaalf lede van die Weermag se Spesmagte kry borgtog in moord op Valke-ondersoeker [KLANK]
ENG-MjonondwaneOnSANDF