Skip to content

TUT and NELEKAT span saam om die volgende geslag van IKT-beroepslui op te lei

# Die opleidings- en vaardigheidsontwikkelingsmaatskappy NELEKAT, werk saam met die Tshwane Universiteit vir Tegnologie in ‘n vennootskap vir die opleiding van die volgende generasie van informasie- en kommunikasieberoepslui. Die vennootskap sal IKT-studente toerus met realistiese, praktiese ondervinding in ‘n gesimuleerde werksomgewing wat die gaping tussen akademiese kennis en bedryfsvereistes oorbrug. NELEKAT sê hulle skep ‘n omgewing vir toekomstige tegnologiese vooruitgang en berei studente voor om in die toenemende vraag van die globale arbeidsmark te voorsien.