# Die Stad Tshwane het goedkeuring verleen dat die Giant-stadion in Soshanguve se naam na die Amos Chando Mkhari-stadion verander. Dié ontslape sokkerlegende het vir Orlando Pirates en Witbank Spurs gespeel en ‘n blywende nalatenskap gelaat toe hy in 2014 oorlede is. Die naamsverandering volg op ‘n openbare proses onder leiding van die Soshanguve-erfenisstigting. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, het die stap geloof en dit beskryf as huldeblyk aan plaaslike helde wie se stories ‘n gemeenskap se identiteit en trots vorm.
Tshwane verander naam van Giant-stadion om sokkerlegende Amos Mkhari te vereer