# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, oorhandig vandag in samewerking met die Palesa-steenkoolmyn agt nuwe huise in Bronkhorstspruit as deel van ‘n gemeenskapsopheffingsinisiatief. Die metro en Palesa-steenkoolmyn het ‘n memorandum onderteken vir die bou van 20 huise in Streek 7. Die metro sê as deel van die memorandum is hy verantwoordelik vir die identifisering van grond en vir die toewysing van grootmaatdienste. Hy voeg by die Palesa-steenkoolmyn gaan in die komende maande nog huise voltooi.
Tshwane se burgemeester en Palesa-steenkoolmyn oorhandig agt nuwe huise aan Bronkhorstspruit inwoners