Skip to content

Tshwane keur verordening goed oor aanhou van bye in stedelike gebiede

# Die Stadsraad van Tshwane het die wysiging van ‘n munisipale verordening goedgekeur wat die aanhou van bye in stedelike gebiede reguleer. Bye is belangrik vir voedselsekerheid want hulle bestuif die meeste eetbare plante, vrugte en groente in tuine, en ook plante wat die omgewing versier. Die burgemeesterskomiteelid vir Omgewings- en Landboubestuur, Obakeng Ramabodu, sê die verordening is nodig om ‘n balans te tref tussen die aanhou van bye in stedelike gebiede en die gesondheid en veiligheid van inwoners.