# Die Stad Tshwane het ‘n strategiese gebiedsplan vir die Tshwane Varsproduktemark en omliggende woonbuurte in Pretoria goedgekeur. Die plan is daarop gemik om die binnestad te laat herleef, ekonomiese groei te bevorder en meer as sewe-duisend-200 behuisingsgeleenthede te skep. Die burgemeesterskomiteelid Sarah Mabotsa sê gebiede word aangewys vir ontwikkelings, strate en oop ruimtes. Mabotsa het beklemtoon die gebied sal voetgangervriendelik en goed verbind met openbare vervoer wees. Dit sal ook beleggings lok en verkeersopeenhopings en vervoerkoste vir inwoners verminder.