# Tshwane is die Gautengse metro wat die beste presteer wat groei in die pryse van residensiële eiendomme betref. Volgens data van Ooba-huislenings het die metro in Januarie en Februarie 2025 ʼn jaarlikse styging van 10,6-persent getoon. Dis meer as dié van Limpopo en KwaZulu-Natal. Laat in 2024 het slegs Tshwane en Kaapstad se huispryse meer as die inflasiekoers gegroei. Ten spyte van Tshwane se skerp styging, het die Wes-Kaap steeds die hoogste gemiddelde aankoopprys van 2,36-miljoen-rand, wat ʼn jaarlikse groeikoers van 3,9-persent is.
Tshwane is Gauteng se toppresteerder wat groei in eiendomspryse betref