Skip to content

Tshwane en Inkomstediens span kragte saam teen onwettige handel

# Die Stad Tshwane en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het kragte saamgesnoer om sy Reclaim Our City se verordeningswerksaamhede te versterk. Dit volg ná ‘n strategiese vergadering met die SAID en die Interagentskaps-werkgroep oor Onwettige Handel. Die veldtog is daarop gemik om teen onwettige ondernemings te veg en inwoners te beskerm. Die vennootskap sal ook die stad se bestuur ondersteun, korrupsie verminder en ekonomiese bestendigheid verbeter met versterkte gesamentlike operasies wat belangrike wetstoepassingsagentskappe insluit.