# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê die metro maak vordering wat hernubare energie, watersekerheid en volhoubare openbare vervoer betref. Sy het onlangs die C40 Wêreldburgemeestersberaad en die COP30 Plaaslike Leiersforum in Brasilië bygewoon, waar burgemeesters en stadsleiers bymekaargekom het om samewerking teen die klimaatkrisis te versnel. Die burgemeesterswoordvoerder, Zintle Mahlati, sê as medevoorsitter van die 2025 Urban 20 saam met Johannesburg, het Tshwane gehelp om Afrika-stede ‘n sterk stem in die wêreldwye klimaatsgesprek te gee:
Tshwane bevorder klimaatsveerkragtigheid en befonds vennootskappe [KLANK]
ENG ZintleonClimate