Skip to content

Tshwane-beraad beklemtoon openbare-privaat vennootskappe vir groei en werk

# Die Investment Dialogue 2025 het beklemtoon openbare-privaat vennootskappe is die sleutel tot ekonomiese groei en werkskepping in Tshwane. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling, Sarah Mabotsa, het gesê die herlewing van die stad se ekonomie moet voorop gestel word met die fokus op nuwe beleggings. Jan Mocke van die Tshwane Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap, het die behoefte om ‘n sterk openbare-privaat vennootskap te stig beklemtoon, veral in die motor-, agrisake- en energiesektore. Die stad verbeter ook sy infrastruktuur, township-ontwikkeling en finansiële bestendigheid om ekonomiese geleenthede ‘n hupstoot te gee.