# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê die deurspoel en skoonmaak van die waterstelsel het begin as die laaste voorbereidings om weer skoon water te voorsien aan gemeenskappe wat geraak is deur besmetting in Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg. Dit het gelei tot 833 gevalle van maagdermsiekte. Moya sê water word van die aanleg na verspreider-reservoirs gepomp, insluitend dié by Zithobeni en Ekangala. Sy waarsku dat groot volumes water tydens die proses deur die stelsel sal vloei:
Tshwane begin laaste skoonmaakproses by Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg [KLANK]
ENG MoyaONRestoration